Oorsig

 

Van Zyl Staalwerke is ’n gevestigde besigheid wat in 1982 gestig is. Ons spesialiseer
in die ontwikkeling van landbou-implemente, -toerusting en gebruikerspesifieke gereedskap, en is ook landswyd bekend vir ons jaarlikse teenwoordigheid by die NAMPO-landbouskou. Ons produkte word nie net landswyd versprei nie, maar ook na buurlande.