Soutbak

BASIESE INLIGTING:

  • Ontwerp om aanvullings te beskerm teen o.a reën
  • Verstelbare gewigte om die bak maklik op te lig “Counter weight”
  • Maklik hanteerbaar om tussen kampe te skuif
  • Pas gemaklik op bakkie
  • Stewig ontwerp om weerstand teen bulle te bied
  • Volume (twee sakke weerskante) = 200kg
  • Ongeveer 20-25 eenhede per bak vir optimale benutting
  • Standaard word die bak geverf

WERKING

  • Wanneer die bak neergesit word stel eers die gewigte dat die bak oop is
  • Na 'n paar dae word die gewigte verder verstel om die bak meer toe te maak. 'n Bees het reeds geleer waar die voer is en gaan voort om sy kop die bak in te druk. Na ongeveer 'n week kan die deksel ten volle toe gehou word en 'n bees weet om dit oop te maak

VOORDEEL

  • Teen stygende koste van die voer maak dit sin om te sorg dat aanvulling nie verlore gaan weens weeromstandighede nie

OPSIONEEL

  • Die bak kan "gegalvaniseer" word
  • *Die is egter duurder en die verlengde lewensduur is nog nie vasgestel nie.
Promote to home page?: